laatmiddag lou, lui en blou
die halwe maan hang
'n skewe glimlag aan die koepel van die dag
dis die wit punt van Chaos se nael
ingewurm onder die blou rofie,
om dit af te skil in 'n stadige ooplê
wat ons trillende groen senuwee blootlê
en snitterend te lag as ons weerloos snak
op die laaste lou, blou dag

0 comments:
Post a Comment