Sunday, November 16, 2008

inspirasie

Beide CJL en JAC het my vanoggend verras met gedigte. Kyk net.


Sommer


‘n Paar keer sê Ma “sommer”

en ek sê,

“Sommer is nie ‘n rede nie, want

skilpaaie het nie vere nie.”


Maar hoekom moet mens sê

Hulle het nie vere nie?

Ek sê,

“Sommer is nie ‘n rede nie, want

skilpaaie het nie vlêrre nie.”



Nonnie


Kolhond, ou hond

Op strepiesmat.


Nou en dan kom druk sy haar kop in my hand.


Meestal slaap en slaap oulyfhond,

maar die ogies leef.



0 comments: